"Bitter Blou Longtompas" deur Linda Hamman

  • 0

Ek vlug bergpas op
Kruise om draaie
Tussen plantasies
Met secrets in die donker van hulle harte

Dit is ’n bitter-blou dag
In teenstelling met die cloudiness
Wat uittartend in my soul lag
Die terug kom is slow
Jan en Bok sing van angels
En die begeerte om te trek
Wat blend met die missing ek
Hulle sê môre is ’n nuwe dag
Met new beginnings wat wag
Maar vir my is dit net loneliness
Wat elke aand in my rock-n-roll

Dit is ’n bitter-blou dag
In teenstelling met die cloudiness
Wat uittartend in my soul lag
Wens ek was ’n gypsy-kind
Met open roads
Menthols en cabernet
No money
No roots
Net soulful songs
Oop countrysides
Hierdie dorpie wat vraend
Aan die onderpunt van die pas
In skemer wegkruip
Met sy warm memories
Sê my nie wat jy dink
Soos jy te bang is om te voel

Dit is ’n bitter-blou dag
In teenstelling met die cloudiness
Wat uittartend in my soul lag
Dis net te unbearable
Vir ’n hart
Wat eens soos ’n kind kon glo
Tog lê die wete diep
Ek kan Botswana toe travel
My trane in riviere try verdrink
Jy bepaal die grense van my hart
Dit is ’n bitter-blou dag
In teenstelling met die cloudiness
Wat uittartend in my soul lag
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top