Biopsie tot outopsie

  • 0

“Ons moet tog almal een of ander tyd doodgaan,” sê sy

Mens kan geskiet, gerape,
geboelie, gebliksemd
ook doodgaan
Of miskien eet mens te veel kaas van die maan, verstaan?
Mens word miskien deur ’n groot rooi bus doodgery,
Of miskien gaan mens dood van babatjies kry
Mens kan aan ’n pistachioneut verstik
Of as ’n slinkse slang jou pik
Of as jy te lank lag van ’n duisendpoot se kielie,
Mens kan in ’n grot wegkruip en just curl up and die
Of van ’n backflip op ’n skoppelmaai
Mens kan met ’n pink Cadillac vrywillig
by die Grand Canyon afry

Of mens kan doodgaan van vry

What a way to go!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top