"Big Fish" by Megan van Wyk

  • 0

Big Fish

Fluisteringe in ’n poel
Stadig, saggies sweef hul rond
in ’n middernag meer van skadu
waar dit diep en donker draai

Koor

o, my liefling
jy het my verlei
met jou sagte hande
en jou warm lyf
jy het my verlei, jy het my verlei

staar ek na my onskuld
wat ek iewers net laat vaar
dit vlieg oor dowe duine
en kom nooit tot verhaal

Koor

o, my liefling
jy het my verlei
met jou sagte hande
en jou warm lyf
met jou weeldewoorde
wat met my gewete stry
jy het my verlei, jy het my verlei

Brug

kruip nou suutjies in die kamers van my hart
vang my vas
vang my vas
vang my stywer vas

Herhaal brug


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top