"Bietjie baie" deur Trisa Hugo
My bietjie is jou baie
Die glas is half of vol
Maak nie saak hoe jy kyk
Iewers gaan die bolle rol
Lyk my bietjie vir jou baie
Lyk my glasie half of vol?
Kom ons kyk dan hoe dit lyk
Kom ons maak die glasie vol!
My bietjie is jou baie
Die glas is half of vol
Maak nie saak hoe jy kyk
Iewers gaan die bolle rol
Miskien is die glasie half of leeg
Miskien loop hy sommer oor
Kom ons kyk dan hoe dit lyk
Kom ons maak die glasie vol!
My bietjie is jou baie
Die glas is half of vol
Maak nie saak hoe jy kyk
Iewers gaan die bolle rol
Bring die glasie bring die wyn
Laat ons vonkel laat ons skyn
Kom ons kyk dan hoe dit lyk
Kom ons maak die glasie vol!
Is die glas nou half of is hy vol?
Hoe jy kyk is hoe jy maak
En hoe jy maak is hoe jy raak
Kom ons maak die glasie vol
Kom ons maak die glasie vol
Kom ons maak die glasie vol
Kom ons maak die glasie vol
Kom ons maak die glasie vol
![]() |



