Bielie van 'n mielie
Ek's 'n bielie van 'n mielie
en ek hou van pietersielie
Waar die koringkriek my kielie
om te sing, sing, sing.
Op die plaas waar alles oop is
en die koring reeds gestroop is
en ek my lied van liefde aan jou bring
Ek sien sewe geil graansoorte
in die gerwe ingebind
En die halms en hul danse
met my sang
O, jou, grond van my geboorte
hoor my galms teen die wind
Hoor my krete teen die kranse
Ek verlang
Ek's 'n bielie van 'n mielie
en ek hou van pietersielie
Waar die koringkriek my kielie
om te sing, sing, sing .
Op die plaas waar alles oop is
en die koring reeds gestroop is
en ek my lied van liefde aan jou bring
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


