Besluit maar self
REFREIN:
Besluit maar self (x4)
In hierdie klein geslote kring
van vriend en vyand so tussenin
Moet ek rotsvas staan om nie vir
Bacchus my siel te laat oorwin
Die een wat daar so suutjies kruip
geldjies al hoër jaag deur die kaiapyp
Moet ek ten sterkste liefs vermy
want in my eie kots wil ek nie sit of kruip
REFREIN
Meneer Mandrax kom manhaftig voor my staan
Wil so graag sien, my kop ook voosgeslaan
Maar ek, wat God op my lippe prys en dra
kan die versoeking van crack of purple heart, weerstaan
Ja, die euwel het gekom, is gemaak om te bly
maar met God behoort geen dwelm ons onder te kry
Meneer Mandrax kom manhaftig voor my staan
Wil so graag sien, my kop ook voosgeslaan
Maar ek, wat God op my lippe prys en dra
kan die versoeking van crack of purple heart, weerstaan
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.