"Bernadette" deur Jacobus Engelbrecht

  • 0

Bernadette

Daar is ? meisie, ek hou van haar
Gee haar ? ete, sy maak hom klaar
Ja, sy eet soos ? honger boemelaar
maar Bernadette, sy is my hart se snaar
Sy dans, die plek skud
Jy sien haar nooit in ? stoel sit
Sy praat reguit, sy is rond
Sy sit vuur op my hart se lont

REFREIN:
As sy langs my lê dan kraak my bed
Oe, ek like haar al is sy bietjie vet
Kuier by haar is ure se pret
Ek is crazy oor haar, sy is my Bernadette

Sy draai my arm, draai my gewrig
Kom kuier, gaan laat eers terug
Mense staar, want sy is oorgewig
Ek is lankal oor dit, ek bou ? brug
Ja, Bernadette, sy is die een
Dis net vir haar wat ek my kar sal leen
Ek wil haar sê ek is afbeen
Beter as sy, daar is geen

REFREIN

BRUG:
Bernadette, ek is mal oor jou
wil my arms om jou rolletjies vou
Jy mag dink dat ek net van jou hou
maar Bernadette, ek is lief vir jou

REFREIN

Jy is my Bernadette (x8)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top