"Belydenis" deur Wesley Conradie

  • 0

Belydenis

Vergewe my, ek het myself mislei
Ek sal tevrede wees met wat ek kry
Ek beheer my hart soos ? haelgeweer
het myself in die voet geskiet hierdie keer

REFREIN:
Ek weet ek maak jou seer
Ek weet ek stel teleur
Ek het jou hart gebreek
Ek laat jou in die steek
Ek besef nou ek's verkeerd
Hier's my hart, laat dit weer leef

Wou my hart uit my borskas ruk
Myself probeer red, maar ek't misluk
Geskree vir hulp en byna verstik
Betyds wakker geword toe jy my uit die dood kom pluk
Lankal opgegee, maar jy't my nog 'n kans gegee

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top