Jacob Zuma het in Zoeloeland grootgeword, met die groen gras en golwende heuwels. Hy was daar 'n beeswagter en het nooit skool bygewoon nie, en natuurlik ook nie enige universiteit nie. Hy ken net die tradisionele universiteit van sy nasie, hulle gebruike, rituele en gewoontes. In daardie tradisionele omgewing het die mense 'n ander siening van dinge. Dis bv goed en reg om jou broers en vriende by te staan en te help. Dis nie korrup nie.
Alles anders het hy homself geleer. Hy is 'n selfgeleerde man, met al die leemtes wat so 'n geleerdheid kan hê, sonder leiding van 'n onderwyser of lektor. Van die hoër begrippe van die westerse politiek en filosofie het hy waarskynlik net 'n vae kennis en begryp hy dit dalk nie deurgrondelik nie.
Nou kasty ons hom oor hy glo die westerse norme en waardes oortree het.
Dis soos om 'n hondjie te slaan wat in die huis gepiepie het – hy weet mos nie van beter nie?
Sou hy werlik kon weet wat die werk aan Nkandla sou kos? As iemand vandag kom en aanbied om my huis se veiligheid op te gradeer op sy onkoste, sal ek mos nie 'n benul hê van wat die uitgawe gaan wees nie – dis sy saak! Ek het ook nie die kennis om die berekening te maak nie.
Wees tog net regverdig, asseblief!
Tiens Pretorius


Kommentaar
Die idee dat Zuma slegs op 'n tradisionele wyse omgaan is duidelik nonsens. Hy ken en gebruik al die dark arts van 'n diktator.
Nee wat Tiens, ek kan nie help om te vermoed dat agter hierdie soort duiwelsadvokaat-praatjies van jou skuil 'n siening dat net die die wittes die bron van goeie dinge soos moraliteit kan wees nie.
Tiens,
As iemand jou huis kom opknap gaan jy werklik geen navraag doen nie?
Hoekom pleeg hy in die laaste maande sy politiek hoofsaaklik daar in sy geweste?
Lyk my jy het ook skape en beeste opgepas.
Tiens, wat jy sê is seker waar maar moet so'n ou dan president wees? Aan die ander kant - ek stem saam Zuma word geteiken; alles wat verkeerd gaan is nou Zuma se skuld terwyl, in werklikheid, 70% van ons hulle beywer het hiervoor. Die land sak weg in die slyk sedert '94 en wie ook al aan bewind is gaan die skuld daarvoor kry - al was Mandela nou aan die stuur van sake - afdraande is afdraande.
Jan, die probleem is, die mense wat hom aan bewind gestel het en steeds steun, weet nie van beter nie, myns insiens.
Tiens
Tiens, ek het ook al by vorige geleenthede gesê Zuma is soos 'n skaap wat ter slagting gelei word. Ek verstaan almal se frustrasie met die man. Hy lei volgens my aan verwaandheidswaansin, maar verkwalik hom nie. Ek stem saam met jou, hy en sy bendelede weet nie van beter nie. Ek glo nie hy het ooit is sy dag 'n steek werk gedoen nie. Let wel werk. Die hele bevrydingssokkelaars het in elk geval vet mooi nokkol gedoen, ek verwys hier na die uitgeworpenes wat in luukse in die buiteland as gaste van die Ingelse, Swede, Franse, Duisters en wie ook al geplak het. Die plaaslike lot het ook nie "gewerk” nie, behalwe om vergaderings by te woon, optogte te reël, ontwrigting te saai en oor die algemeen bogger all gedoen. Hulle is nie tot verantwoordelikheid geroep nie. Hulle het geteer op die simpatie van die gepeupel. Wat kon nou dan verander, vet mooi nokkol. Dit is hul reg. Die exiles het saam met Mandela gestel. Nou is dit die binnelandse groep. Kyk noord en gaat voort.