"Begrafnisbrief" deur Gareth Davies

  • 0

Begrafnisbrief

Dis ? dag soos enige ander dag
waar ek wakker word en aandagtig dink oor my kriptiese droom
en die moeilike opdrag wat voor my lê vandag
Om daai strooiblonde hare en sonskynglimlag van jou in ? kis te sit
en die kis vir die grond te gee
Jy het ? gaping gelos
Daar het mense verstik aan hul woorde oor die nuus dat die engele jou kom haal het

Maskara het geloop en mans het soos seuns die trane en hartseer probeer wegsteek
ek onthou ons ure-lange gesprekke in my kamer en op vreemdelinge se grasperke
Maar jy was te jonk en nog nie ryp genoeg om van die boom van die lewe gepluk te word nie
Dit is jy wat my begrafnis moes bywoon, nie ek joune nie
Almal gaan jou mis en drank en dwelms gebruik om jou gaping te vul
Ons ken jou nie so nie, want nou is jy stil

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top