begrafnis-19

  • 0

Foto: Canva.com

begrafnis-19 

by my begrafnis 
was daar tien mense 
met maskers en botteltjies 
hand sanitiser 
hulle het rondom my kis 
gestaan en amazing grace 
gesing 
die pastoor het gebid 
en toe is ons begraafplaas toe 
waar dit paddas gereën het 
toe die kis sak 
het niemand gehuil 
of gemaak asof hy wil inspring nie

ten minste was ek nie alleen 
soos in die hospitaal nie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top