"Beeldskoon En Die Boemelaar" deur Wesley Conradie

  • 0

Beeldskoon En Die Boemelaar

Sy's beeldskoon en hy's die boemelaar
Sy's lief vir hom en hy vir haar
Al is hulle wêrelde uitmekaar
hou liefde hulle bymekaar
Hulle verstaan mekaar
soos ? kunstenaar en sy kitaar

REFREIN:
En kyk hoe dans hulle saam
heeltemal onbeskaamd
Onbewus van wat om hul aangaan
en die wêreld sukkel om te verstaan
Die mense kyk en hulle staar
maar hulle het net oë vir mekaar

Hulle harte is in kontras
sy's sag en hy's kras
So verskillend, maar hulle pas
Soos ? kunstenaar en sy kwas
maak hulle 'n meesterstuk uit prag en as

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top