Beeld wat bly

  • 1

Wanneer die fondamente kraak
en jy jou ewewig verloor
sal daar nog oor jou gepraat word,
jy jou eie naam bly hoor?
Wanneer suurreën exfoliation
vraatsig kanker aan jou neus
sou daar nog na jou gekyk word,
sou jy gesigloos wees?
Jou legaat seil deur sinapse
haak aan selwande vas;
loop grawe in die korteks
kloon daar die beeld wat was.
Al stuif jy tot stof in Apokalips
Jou wees bly draal al verbeeld jy as niks.

  • 1

Kommentaar

  • Michele Meyer

    Baie dankie vir die voorreg dat my werkie geplaas is. Groot waardering vir hierdie platform. My naam is per ongeluk met 'n ekstra 'l' gespel by my gedig op die blad. - Ons vra verskoning vir die ekstra 'l', dis reggestel.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top