Bedlamp
My bedlamp brand
soos die son op die sand
Sy hou my koors
met die kruie in haar hand
Ek hoor haar snags
op haar Paarlbergstoep
en ek dink of droom ek hoor haar
ek hoor haar roep
“O, maar die sonde maak my ’n mens
as ek hoop of droom of wens
vir ’n bietjie meer van jou”
Hel, sy skyn soos die lig in wyn
in dronkenskap is alles rein
Ek hoor haar snags op haar Paarlbergstoep
en ek dink of droom ek hoor die Here roep.
En ek sing
“O, maar die sonde maak my ’n mens
as ek hoop of droom of wens
vir ’n bietjie meer van jou”
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


