o, my uilskuiken
so was ek dan nou my hande maar
in hond-se-gedagte
en die sak patats
en die aap in die mou
en die kat in nog ‘n sak
en die vlieg in die salf
en die kalf in die put alles
alles gee ek net so terug vir jou
daar is nie een strooi oor van die gras
vir die klein kameel se rug nie
maar ek bid dat jy self
oor die jakkals se stert gaan kom
o, my uilskuiken

