“The irregular spending of millions of rands by King Goodwill Zwelithini's royal household has been detailed in a recent parliamentary report, the Sunday Tribune reported …” - fin24.com · 9/23/2012
“A financial report on the department responsible for the household's finances found there had been the irregular spending of R6 million and the use of an overdraft of R10 million …” - Citizen.co.za · 9/23/2012
“The IFP has rejected complaints about proposed improvements to the palaces of King Goodwill Zwelithini, saying instead that millions more rands should be poured into royal residences to elevate them to the status befitting a king.” - Post South Africa · 9/12/2012
“When the King Goodwill Zwelithini (Bayede!) asks for a budget increase for his constitutionally preserved office, and mind you, he’s the only recognized King in the whole country, people call him greedy.” - Beeld · 9/20/2012
“A report claims Zulu King Goodwill Zwelithini has been receiving preferential treatment from the government above other traditional leaders …” - Mail & Guardian Online · 9/24/2012
“The trust chaired by King Goodwill Zwelithini consists of traditional land, including the major townships of Umlazi, KwaMashu and Inanda (binne Durban munisipale gebied). The trust was in a legal dispute with the municipality over whether it was required to pay rates.” - iafrica.com · 9/3/2012
Hierdie massiewe swart dorpe wat Durban omsingel, geniet die voordele van Durban se infrastruktuur, maar wil nie belasting betaal nie, net omrede hulle deel van die tradisionele swart gebiede uitmaak, ’n Brits-koloniale instelling, en deur Apartheid bekragtig is in terme van die Bantustan-beleid van die tyd!
Blankes, en Afrikaners in die besondere, het nie hierdie erkenning of finansiële voordele nie. Inteendeel, daar word eerder van hulle weggeneem, Afrikaanse skole en universiteite word tot niet gemaak. Tradisionele instellings soos Afrikaanse straat- en dorpname word summier met ’n verfkwas uitgewis (nou ’n fait accompli). Die redenasie is dat die Afrikaner nie preferensiële voordele bo ander in hierdie land moet verwag nie. Nou toe nou! “What is good for the goose should be good for the gander”. En die tragedie van alles is waar Afrikaners Solidariteit afkraak omrede hulle nie met dié se optredes in Afrikanerbelang saamstem nie en met swart belange tot Afrikaner-nadele, wil hoereer nie, is ’n uitermate skande! Daar word tot ad nauseum geskree dat Afrikaner-nasionalisme ’n uitgediende saak is wat verhoudinge hier in SA versuur en vertroebel, en ons word gedurig daarmee oor die kop gedonder, tot so ’n mate dat baie Afrikaners daarin begin glo het.
Maar daar is ’n geleidelike ontwaking besig om onder Afrikaner pos te vat, met AfriForum aan die spits. Dié is gedurig in die nuus. Hulle het hofsake in Afrikanerbelange gewen en die regering gedurig in die verleentheid geplaas, tot so ’n mate dat daar sprake is om die konstitusie te wil wysig, wat nou nie meer vir hulle goed genoeg is nie.
Die onlangse aksie teenoor Woolworths onderskraag die diskriminasie teenoor blankes en die Afrikaner in die besondere.
“Hermann (Solidariteit) says that according to Woolworths's current racial composition (attached), both coloured en Indian people are, in reality, over-represented at all levels: from top management to unskilled job levels.
"Woolworths's approach to the implementation of the Employment Equity Act is nothing less than absurd, as it will have to dismiss 3 420 coloured and 402 Indian employees in order to be consistent in its application of its policy. According to this approach the group will also have to employ an additional 935 white people. Solidarity disagrees with Woolworths's approach."
“Hermann stressed that Solidarity maintains that this obsession with race must be dispensed with and that no one should lose his or her job as a result of race-based policies, or be deprived of the opportunity to apply for a position.
"It is clear that Woolworths believes that the entire labour force of the private sector must mirror the racial composition of the economically active population. It seems that large private companies are simply following the state's example regarding the application of affirmative action by implementing quota policies with respect to vacancies."
Bron: mybroadband.co.za/vb/...of-Woolworths-s-racial-policy-Solidarity.
En dan word daar deur sekere Afrikaners kapsie gemaak teenoor Solidariteit se optrede!
Beide Mandela en Mbeki het al in die parlement beweer dat daar twee nasies in SA bestaan, nl. blank en swart, volgens hulle ’n betreurenswaardige saak. Maar die realiteit is dat Verwoerd se multi-nasionale mentaliteit nie dood is nie, maar springlewendig. Daar word met gesplete tong gepraat. Met betrekking tot swart nasionalisme; erkenning en finansiële ondersteuning (gros vermorsing) van staatsgelde aan die een kant en inkorting op gelde in Afrikanerbelange aan die ander kant.
Elke swart etniese kultuur het sy eie tradisionele leiers, deur die staat erken en gefundeer, in die geval van die Zoeloes, hulle eie koning en volksraad, die Afrikaner het niks. Geen tradisionele volksraad nie, ook nie enige finansiële fundering deur die staat nie. AfriForum en Solidariteit is besig om die pas onder Afrikanergeledere aan te gee.
Ek voorsien ’n ander prentjie binne die volgende tien jaar vir Afrikaners, ’n positiewe een.
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco
Ek wens ek kon so optimisties soos jy wees. Baie wittes (wat ek hansswartes noem, na aanleiding van hanskakies) werk saam aan die voorstelling van wittes as sleg en nie-wittes as goed, en natuurlik dat apartheid net sleg was. Laat ek na 'n enkele geval verwys. Le Cordeur het 'n oordrewe lofrede vir Adam Small geskryf. Die teks is in Die Burger en op LitNet gepubliseer. In albei het ek die ergste valshede probeer korrigeer, maar my standpunt is geignoreer. Dit word nie naas Le Cordeur se standpunt gepubliseer sodat lesers self tot 'n besluit kan kom nie; leuens moet seevier. Ek ken Adam Small. Ek was by hom aan huis. Ek was op die UWK-kampus toe hy bedank het. Small self het my in besonderhede ingelig oor sy verhouding met Karl Popper. Maar die veel geroemde vryheid van uitdrukking in die nuwe Suid-Afrika word ook in hierdie geval nie geduld nie; ook nie deur LitNet nie, wat amptelik teen sensuur is.
Johannes Comestor
Beste Johannes
Ek is optimisties oor Afrikaner toekoms vir die volgende redes.
Tot onlangs toe was dit die miniskule liberale-Afrikaner-minderheid wat sy stem dik gemaak en die kommunikasewese oordonder het. Die erg verdeelde verregse minderhede het aansprake gemaak wat die meerderheid Afrikaners geweet het, nie aan voldoen kon word nie. Konserwetiewe Afrikaners was rigting-en-leierloos, en moes in stilte en onderdrukte wrewel gewaar wat om hom aangaan. Hulle het en=masse D.A. gestem. Nie omrede hulle juis in alles glo en eenstemmig met hulle politiek is nie, maar hulle as die enigste moontlikheid aangesien het om die ANC, uitgesproke Afrikaner vyand, uit die kussings te lig. Die VF+ in eie reg, weet hulle staan nie ‘n kat se kans nie.
Nou kom daar ‘n buite-parlementere drukgroep, by wyse van Solidariteit en Afri Forum, wat nie soos die ander (o.a. Dan Roodt) net staan , praat en emosies opsweep nie. AfriForum en Solidariteit voeg die daad by die woord . Hulle vat die reuse ANC vierkantig aan met een sukses op die ander. Stadig maar seker is hulle besig om steun onder die konserwetiewe Afrikaner meerderheid te bekom. By wyse van protes-aksie word gepeil tot watter mate hulle steunbasis besig is om te groei al dan nie. Alle aanduidinge tot datum is vir positiewe groei. Sodra genoegsame ondersteuning bekom is, sal ge-organiseerde optredes in Afrikaner belang met sukses aangepak kan word.
Met verwysing na Adam Small. Die man het beslis vir homself ‘n niche in die Afrikaner letterkunde uitgekerf, en moet dienooreenkomstig deur alle Afrikaners daarvoor gewaardeer en gerespekteer word.
Le Cordier misbruik Adam Smal ooglopend vir sy eie politieke agenda. Vandag se kleurlinge in gesagsposiesies wil net nie van die verlede afsien nie. Pleks om versoening met hulle blanke halfbroers te probeer bewerkstellig, hou hulle aan, met elke geleentheid, om skoor te soek. En dan wil hulle dit betreur dat blankes (behalwe op sepies soos 7dr Laan, ens.) nie hulle met hulle wil vereenselwig nie! Die swart gemeenskap maak geen geheim daarvan hulle soek nie die kleurling nie, selfs gese daar is ‘n oormaat van kleurlinge in die Weskaap wat reggestel moet word. Indien die kleuling nie tot die besef wil kom dat sy heil le tesame in blanke, die Afrikaner in die besondere, belang. en indien ge-ignoreer, die gevaar in die gesig staar om gemarinaliseerd te word.
Jaco Fourie
Beste Jaco
Ek vergelyk die lot van die wittes (veral die Afrikaners) met dié van die Jode, maar nie omdat ons voorheen wysgemaak is dat Afrikaners die uitverkore volk van Afrika is nie. Tans is daar net een opsie wat daadwerklik deur wittes toegepas word, naamlik uitwyking/verspreiding na ander lande, dus emigrasie; die skepping van diaspora – grootliks nie om rassistiese redes nie, maar op soek na beskaafde lewensomstandighede.
Die wittes wat in die nuwe Suid-Afrika aangebly het, het in die meeste gevalle nie rasioneel ’n opsie uitgeoefen nie; hulle hoop maar bloot op die beste. Op die langtermyn beteken dit vir hulle (nageslag) assimilasie; nie noodwendig bewustelik nie, maar weens verswelging. Dwarsoor die wereld was dit ook die keuse waarvoor die Jode te staan gekom het: verspreiding of assimilasie. In albei gevalle gaan die groep op die lange duur ten gronde.
Plaaslik is daar geen heil in die vooruitsig gegrond op die grondwet nie; een asem, een stem is nie ’n effektiewe grondslag vir ’n ontwikkelde, voorspoedige staat nie. Die statutêre grondslag van die nuwe Suid-Afrika is soliede dwaasheid. Geen politieke party kan in hierdie opset ’n beskaafde, ordelike, behoorlik-funksionerende samelewing skep nie.
Die werklikheid is selfs erger as dit. Wette, insluitende die veel geroemde grondwet, bepaal nie die funksionering van die samelewing waarin ons vasgevang sit nie. Die ANC en soortgelyke groepe het op net een manier "sukses" behaal, dus "gepresteer", naamlik deur gewelddadige massa-aksie. Hierdie suksesresep word meedoënloos in die nuwe Suid-Afrika voortgesit. Vir die gepeupel is daar geen wesenlike verskil tussen ’n onwettige of ’n wettige staking nie. Geen loonooreenkoms (of watter soort ooreenkoms ook al) word deur die gepeupel as bindend geag nie. Geweld word gebruik totdat die verlangde resultaat behaal word, waarna die siklus spoedig weer van voor af begin. Daar is geen sprake van kapitalisme in die sin dat lone ooreenkomstig die beskikbare getal arbeiders en produktiwiteit bepaal word nie.
Die grondwet kan na willekeur deur die meerderheid verander word. Soos Jacob Zuma onlangs tereg opgemerk het: Die meerderheid het meer regte as die minderheid. Tans word die land van sy rykdom gestroop. Die meerderheid sal nie van hierdie "voorreg", wat glo met bloed verdien is, afsien nie. In die nuwe Suid-Afrika is assimilasie vir die meeste wittes net so onaanvaarbaar soos ’n vaderland wat van sy voorspoed/rykdom gestroop is.
Die wittes wat sowel die reg om hier te bly as selfbehoud kies, het dan eintlik net een opsie vir groepsvoortbestaan, naamlik ’n eie vaderland. Die Jode het getoon dat hulle die wil en die kundigheid gehad het om ’n eie vaderland te skep en dat hulle die durf het om hulle land in stand te hou. Hulle stel ’n navolgenswaardige voorbeeld aan Suid-Afrika se wittes, veral die Afrikaners. Juis daarom is daar so ’n sterk anti-Israel gesindheid in die ANC. Die vaderlandopsie is plaaslik nog glad nie daadwerklik ontgin nie. Eintlik is dit ’n noodsaaklikheid. Pleks van dit te besef, word ’n eie vaderland eerder as vergesog of belaglik afgemaak.
Johannes Comestor