"In die huis van my Vader is daar baie wonings."
Min of meer so staan dit in die Bybel. En onthou ook die gebed: "Soos in die hemel, so ook op die aarde."
In die hemel is daar plek vir almal. So ook hier in ons land. Al die tale en kulture kan in vrede saamleef, terwyl elkeen sy eie ding doen. Solank ons dit mekaar gun en nie afbrekend en beledigend optree nie. Vergeet van diegene wat ons taal kritiseer en wil uitwerk. As hulle te lastig raak, kan hulle in die howe beveg word.
Groete,
Tiens


Kommentaar
Tiens, jy praat met bekeerdes. Ek dink nie die massas wat plaasmoorde doen of ander onrus, tirannie van demokrasie, lees hier nie.
Jy klink soos sendelinge aan Oos-grens destyds....
Ook Zuma het gehoor van baie wonings...