Vincent Pienaar het deur die jare heen kommentaar geskryf vir African Mirror by Killarney Filmateljees, as jazz-resensent vir The Citizen opgetree en by heelwat tydskrifte verskeie take verrig.
In 1991 het hy Jimmy’s Place (Penguin) voltooi, ’n boek gebaseer op die wel en wee van ʼn klompie kroegvlieë, asook ’n hele klompie radiovervolgverhale (in Engels) en dramas vir SAfm. In 2003 is Jo’burg die blues en ʼn swart Ford Thunderbird deur Kwela uitgegee. Kringfluit (Litera) het in Desember 2006 verskyn. Too Many Tsunamis, wat in 2018 verskyn het, is deur Penguin gepubliseer.