Vicky Davis

Vicky Davis is ’n bekende Suid-Afrikaanse TV-aanbieder en bekroonde aktrise, asook 'n gesoute regisseur en vervaardiger van TV-, musiek- en verhoogproduksies. Vicky het ’n Meestersgraad cum laude aan die Universiteit Stellenbosch verwerf met fokus op opvoedkundige vermaak en sosiale impak, en is aktief betrokke by jeugontwikkeling in die uitvoerende kunste. Vicky was van 2016 tot 2020 programbestuurder van die sonder-winsbejag-onderneming The Cape Town Music Academy. Sy is ook ’n bekroonde kinderboekskrywer en media-afrigter. Sy is getroud met die baskitaarspeler en musiekvervaardiger Schalk Joubert en is ’n ma van twee. 

’n Huldeblyk aan Douglas D’Barcayce Davis (4 September 1943 – 28 Julie 2024)

Vicky Davis In memoriam 2024-07-30

"As joernalis en nuusredakteur het hy in sy loopbaan ’n groot bydrae gelewer tot die Suid-Afrikaanse mediabedryf, so ook gedurende sy tyd (wat oor vier dekades gestrek het) waar hy werksaam was in openbare betrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch."

Suidoosterfees 2020 by die kykNET Atlantic-inryteater bied aan Klopse Jol!

Marli van Eeden, Vicky Davis Suidoosterfees 2020-11-10

"Wat baie opwindend is, is dat die musiek wat mense gaan hoor in Klopse Jol! uniek is tot die Kaap, en shows soos hierdie is belangrik om die ryk musiektradisies van ons gemeenskappe te laat voortleef en ook aan wyer, jonger gehore bekend te stel." Hierdie geleentheid vind Donderdag 12 November om 20:00 plaas.

Learning to Live Music: ’n onderhoud met Vicky Davis

Menán van Heerden, Vicky Davis Onderhoude 2017-06-14

"Die CTMA fokus op die opheffing van kontemporêre musiek en het ten doel om werkskepping in die musiekveld te vermeerder en die algemene stand van die musiekbedryf te verbeter."

US Woordfees 2014: Vicky Davis oor Agtervolger

Naomi Meyer, Vicky Davis 2014-03-12 Vicky Davis vertel van ’n staptog in die berge - met 'n agtervolger op die stappers se spoor.
Top