Thys Human

Thys Human is sedert Januarie 2013 medeprofessor in Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde in die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit. Hy het in 2007 ’n proefskrif getiteld “‘Om in woorde te rou’: Verlies in die oeuvre van Lettie Viljoen/Ingrid Winterbach” onder promotorskap van Willie Burger voltooi. In 2008 is die Elisabeth Eybers-beurs vir postdoktorale studie in Utrecht (Nederland) deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hom toegeken vir ’n navorsingsprojek getiteld “Die narratiewe verwerking van verlies: Is heling moontlik?”. Hy is die redakteur van Stilet (die amptelike lyfblad van die Afrikaanse Letterkundevereniging) en die skrywer van ’n twintigtal artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte en van etlike resensies in dagblaaie soos Beeld, Rapport en Die Burger. Hy is lid van die keurpaneel vir die UJ-Pryse vir Skeppende Skryfwerk, die kykNET/Rapport Boekprys en die ATKV-Veertjies.

Gewalste woord

Thys Human 2012-11-01 Commendatio gelewer tydens die oorhandiging van die UJ-Prys vir Skeppende Skryfwerk aan Dan Sleigh se Wals met Matilda.

LitNet Akademies-resensie-essay: Skobbejakke, Scrabble en ’n skottel vol soesji

Thys Human 2012-06-01 Thys Human stem saam met Rapport-resensent Marius Visser dat Deborah Steinmair se Poppekas genotvol en boeiend is. Maar op een punt verskil hy heeltemal van Visser.  Lees die resensie-essay om uit te vind waaroor die twee resensente nie kan saamstem nie.

"Te hel met heling, Niggie!": Wanneer traumanarratiewe tekort skiet

Thys Human LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-08-27

"In hierdie artikel word op kritiese wyse besin oor die helende funksie van traumanarratiewe aan die hand van Ingrid Winterbach se roman Niggie, wat teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) afspeel."

Joan Hambidge se Vuurwiel: verse wat skroei uit die hart

Thys Human 2009-04-30 Hierdie koeplet is beslis nie op Hambidge se eie digterskap van toepassing nie.

“Om leeg te word soos ’n skulp”: verlies en verganklikheid in Die boek van toeval en toeverlaat

Thys Human LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-02-13

"Verlies en verdriet staan sentraal in die oeuvre van Lettie Viljoen / Ingrid Winterbach."

30 nagte in Amsterdam: Vernuftig én verbeeldingryk

Thys Human, Thys Human 2008-12-03 Verbasend kort op die hakke van Asbesmiddag (2007), wat vanjaar met die M-Net Literêre Prys bekroon is, volg Etienne van Heerden se agtste vollengte-roman, 30 dae in Amsterdam (2008) – ’n oorrompelende, gewaagde boek met ’n meesleurende vaart en ...
Top