Tarina Jordaan

Tarina Jordaan verwerf haar meesters- en doktorsgrade in stads- en streekbeplanning aan die Noordwes-Universiteit. Haar navorsing ondersoek die verhouding tussen mens en plek – hoe ruimte tot betekenis groei en hoe gehegtheid aan ’n landskap identiteit vorm.

As fiksieskrywer verken sy die fyn verweefdheid tussen mens en natuur in ’n verhaalruimte waar die alledaagse met die metafisiese saamvloei. Verskeie van haar kortverhale is voorheen in Vrouekeur gepubliseer. Haar verhaal “Waar die wind waai” is in 2021 opgeneem in die US Woordfees-kortverhaalbundel Iets anders, en haar “Splitsing” was die wenverhaal in die 2025-uitgawe van die US Woordfees-kortverhaalbundel, Deel.

Sy woon in België en is verbonde aan ’n museum in Antwerpen.

Tuis of ontuis – die woonbuurte en stede van ons toekoms

Melt Myburgh, Tarina Jordaan Menings 2022-03-24

Hoe gaan Suid-Afrikaanse stede in ’n post-COVID wêreld lyk? Wat hou die grootste bedreiging vir ons woongebiede in? Wat doen mens as ontwikkelaars jou rustige straat omskep in ’n oorbevolkte studentenes? Tarina Jordaan, LitNet Akademies-navorser, gesels oor die uitdagings en veranderinge in die plekke en ruimtes waar ons woon.

Community opposition to urban development in town planning: Two case studies of place attachment experiences of residents of the Bult, Potchefstroom, with specific reference to displacement literature

Tarina Jordaan, Karen Puren Academic research 2022-01-25

"Planning and developing urban environments lead to small-scale incremental environmental changes, which can threaten inhabitants’ place attachments and lead to individuals’ opposing the environmental changes."

Gemeenskapsweerstand teen stedelike ontwikkeling in stadsbeplanning: Twee gevallestudies van inwoners van Die Bult, Potchefstroom, se belewenisse van plekgehegtheid, met spesifieke verwysing na verplasingsliteratuur

Tarina Jordaan, Karen Puren LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-01-25

"Wanneer mens-plek-verhoudinge wankel weens omgewingsveranderinge – maak nie saak wat die skaal of oorsaak daarvan is nie – is die ervarings van rou en verlies dieselfde."

Place attachment in town planning: a literature review and proposals for Afrikaans terminology

Tarina Jordaan Academic research 2017-12-21

"Therefore, place is not only a physical manifestation, but an intricate part of what it means to be human – the physical environment cannot be separated from the affective side of being human."

Plekgehegtheid binne stadsbeplanning: ’n literatuurstudie en voorstelle vir Afrikaanse terminologie

Tarina Jordaan LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-12-21

"Gesien binne die konteks van die multikulturele karakter van Suid-Afrika se dorpe en stede, kan navorsing oor plekgehegtheid positief bydra tot stadsbeplanners se kennis van plek, konflik rondom plek en hoe om plekbetekenisse en plekbande te gebruik om nuwe ontwikkeling kontekstueel te rig."

Top