Susan Cilliers

Susan Cilliers in 1972 in Fochville gebore. Sy het in Potchefstroom grootgeword as die jongste van drie kinders, was in die Laerskool Mooirivier en het aan Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer. Nadat sy in 1994 haar honneursgraad in joernalistiek aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou NWU) verwerf het, het sy vir ’n jaar lank au pair-werk in Duitsland gedoen. Sy het haar joernalistieke loopbaan in 1997 by Vaalweekblad in Vanderbijlpark begin. In die ses jaar waartydens sy hier gewerk het, het sy wye ervaring opgedoen wat ’n stewige grondslag sou lê vir haar latere loopbaan. Cilliers is in Februarie 2003 as ’n promosieskrywer by Huisgenoot aangestel en ’n paar maande later as artikelskrywer vir dié tydskrif in Johannesburg. Hier het sy haar skryfvaardighede verder geslyp in die kuns van artikelskryf. In November 2007 is sy weer terug na die koerantwêreld toe sy in die dagblad Beeld se Johannesburgkantoor aangestel is. Daar het sy vir drie jaar algemene joernalistiek gedoen, voordat sy in 2010 Beeld se verslaggewer in Noordwes geword het. Cilliers het toe teruggekeer na Potchefstroom, haar stad van oorsprong. Sy het in 2018 haar meestersgraad in joernalistiek ontvang. Haar studie-onderwerp was “Gehalte-beriggewing in die buitekantoor van ’n Suid-Afrikaanse dagblad”. Sy woon steeds in Potchefstroom en behartig nuusdekking in Noordwes. Met die digitalisering van die joernalistiek en gevolglike strukturele veranderinge in haar nuuskantoor, is sy deesdae in diens van Netwerk24, Media24 se Afrikaanse nuuswebwerf.  Netwerk24 verskaf ook inhoud aan Beeld en sy susterskoerante, Die Burger en Volksblad. Cilliers is die skrywer van die boek Huis van gruwels: My 16 jaar in die Springs-hel.

Foto: Nico Blignaut

Die goeie dae toe dagblaaie nog joernaliste in die buiteveld gehad het

Elsabé Brits, Susan Cilliers Onderhoude 2020-03-17

"Ek vrees die hele beheptheid met klieks kan beslis tot ’n verswakking in gehalte en tot oppervlakkigheid lei, indien klieks die deurslaggewende maatstaf gaan word."

Quality reporting in the satellite office of a South African daily newspaper 

Susan Cilliers, Thalyta Swanepoel Academic research 2020-02-05

“Newspapers’ declining circulation figures have led to smaller newsrooms where a handful of journalists often, at greater speeds, have to produce news for online platforms while catering to the expectations of increasingly involved audiences and maintaining high-quality output.”

Gehalteberiggewing in die buitekantoor van ’n Suid-Afrikaanse dagblad

Susan Cilliers, Thalyta Swanepoel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-02-05

“Die doelwit was om praktiese riglyne te identifiseer en te formuleer wat joernaliste in buitekantore kan help om hul kantore doeltreffend te bestuur sonder om gehalte in te boet.”

Top