Sue-Anja Bresler

Ek is Sue-Anja Bresler, ‘n gr. 10-leerder van die Hoërskool Vrede. Ek bly in Villiers, ‘n klein dorpie op die walle van die Vaalrivier. Tot 2014 het ek in Villiers skoolgegaan en my ma was my Afrikaans-onderwyseres. Sy het my aangemoedig om in te skryf vir die kompetisie. Ek is mal oor lees, veral wetenskapfiksie. Ongelukkig moet ek maar Engels lees, aangesien wetenskapfiksie in Afrikaans baie skaars is. Ek sal graag eendag wil skryf. Daar broei baie stories in my kop wat brand om uit te kom! Ek hoop om nog sulke kompetisies te sien wat skrywers en potensiële skrywers sal aanmoedig om in Afrikaans te skryf.

WF 2015: Inval

Sue-Anja Bresler Kuberklas Kreatief 2015-04-20

Eergister het ons nog gewonder of daar lewe op ander planete is. Thank you very much, Discovery. Daar ís toe! Gisteroggend was die televisienuus vol van die reuse-ruimteskepe, groot stofsuiers wat mense soos klein korreltjies opsuig. 

WF 2015: B-56371

Sue-Anja Bresler Kuberklas Kreatief 2015-04-20

Na die Derde Wêreldoorlog is die wêreld in chaos gedompel. Die oorlog, bomme en siektes het miljoene mense uitgewis. Die mense wat oorgebly het, is in twee groepe verdeel.

Top