Roné Wierenga

Roné Wierenga is projekbestuurder en taalkundeskrywer vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) waar sy ook as skakel met die Afrikaanse Taalraad dien. Naas hierdie rolle is sy ook werksaam by die Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Taalkunde (DBAT) en die Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Letterkunde (DBAL). In 2021 verwerf sy ’n meestersgraad in Linguistiekteorie aan die Noordwes-Universiteit. Haar navorsing fokus op diachroniese, beskrywende taalkunde, sintaksis en korpuslinguistiek. Haar belangstellings sluit egter fonetiek en fonologie, taalverandering, digitisering en variasietaalkunde in en sy onderneem tans verdere doktorale studie.

LitNet Akademies-resensie-essay: Toegepaste taalkunde in Afrikaans, WAM Carstens & TJ van Dyk (redakteurs)

Roné Wierenga Resensies 2023-03-16

"Deur bevordering van ’n toegepaste benadering tot taalkunde kan die uitdagings rondom taal in Suid-Afrika op ’n effektiewe en praktiese manier aangepak word."

Afrikaans se digitale toekoms: ’n onderhoud met Wannie Carstens en Roné Wierenga

Menán van Heerden, Wannie Carstens, Roné Wierenga Onderhoude 2023-03-07

"Die huidige behoefte is egter om oorhoofse koördinering van die bestaande en nuwe projekte om sodoende duplisering te voorkom en samewerking te bewerkstellig. ... As die saampraat en saam beplan nie gebeur nie, sal ons voortploeter op dieselfde oneffektiewe en ongekoördineerde ad hoc-patroon van tans. ... Ons nooi daarom graag instansies om ons te kontak met die oog op samewerking in die toekoms."

An overview of a few digitisation projects in Afrikaans: The first steps towards a digital future for Afrikaans

Roné Wierenga, Wannie Carstens Academic research 2022-09-26

"The lack of a collective vision regarding the digitisation of Afrikaans texts, and eventually a Digital Library of Afrikaans, also hampers progress. Challenges like the duplication of work by different institutions as part of their digitisation projects are also outlined, since these challenges translate to the digitisation processes of other South African languages."

’n Oorsig oor enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans: ’n Vertrekpunt vir Afrikaans se digitale toekoms

Roné Wierenga, Wannie Carstens LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-09-26

"Digitisering behoort weens die koste, tyd en energie wat daaraan gekoppel is eerder ’n gesamentlike (dus instansiegedrewe) projekgeleentheid te wees as ’n individuele een."

Top