Rita Swanepoel

Rita Swanepoel het in 2002 tot die akademie toegetree en is sedertdien verbonde aan die Vakgroep Kunsgeskiedenis aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Sy het haar PhD in 2011 in kunsfilosofie binne daardie vakgroep verwerf met 'n proefskrif getiteld “Die estetiese konkretisering van herinneringe in die konseptuele installasiekuns van Willem Boshoff”. Sy is die leier van die navorsingsnis aan die NWU met die tema Visuele narratiewe en kreatiewe uitsette deur interdissiplinêre en praktykgeleide navorsing / Visual narratives and creative outputs through interdisciplinary and practice-led research. Sy is tans een van die projekbestuurders van die derde projek binne hierdie navorsingsnis. Die titel van die projek is “Weerspieëlings en weerklank: gesprekke oor tipografie, topografie en tipologie / Reflective conversations: typography, topography and typology”. In die projek word kunstenaars – nasionaal en internasionaal – genooi om kreatiewe uitsette binne die tema te skep, waarop navorsers artikels skryf (dikwels saam met die betrokke kunstenaar) vir publikasie in 'n geakkrediteerde tydskrif. Artikels van haar het al in die South African Journal for Art History verskyn, asook in Literator, Image & Text, Guillotine en Woord en Daad. Sy is die programbestuurder van die MA in kunsgeskiedenis aan die NWU. Sy het al ses referate by nasionale konferensies en colloquia en twee internasionale referate gelewer. Sewe MA-studente het onder haar leiding hul studies voltooi, van wie vier met onderskeiding geslaag het.

Om vrou te wees

Rita Swanepoel Fiksiekompetisies 2024-12-12

"Ek het nie geargumenteer nie, want ek het hulle verstaan. En vergewe. Ek het die konsistorie uitgestap en in die motor die meisiekind gebel en gevra of sy die aand kerrie by my wou kom eet."

Blinde alfabet: ’n Moedswillige Willem Boshoff reken af met meerderwaardigheid – ’n neo-Marxistiese interpretasie

Rita Swanepoel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-02-21

Die gesprek wat tussen siende en blinde mense in Blinde alfabet ontlok word, kan as ’n metafoor dien vir die gesprekke en nuwe vriendskappe wat gevorm kan word in ’n demokratiese Suid-Afrika tussen mense wat binne ’n koloniale en apartheidsbestel kunsmatig verdeeld was en mekaar gevolglik nie op ’n sosiale vlak geken het nie.

Top