Richard van der Westhuizen

Richard van der Westhuizen is 'n akteur en skryf beide lirieke en musiek. Deesdae tree hy gereeld op saam met Lochner de Kock en Andrew Roos.

Richard is gebore in 1953 in Nababeep, Namakwaland. Na sy laerskooljare in Nababeep, voltooi hy hoërskool aan St Joseph's College in Rondebosch. Hy behaal die graad B.Sc (Boukunde) aan die Universiteit van Pretoria. Hy werk 'n ruk lank vir 'n boekie in Pretoria, voordat hy hom vestig as die kroegman van die O'okiep Hotel vir sowat 'n jaar. Daarna begin hy met toneel.

In 'n suksesvolle loopbaan wat strek oor sowat dertig jaar, is hy wyd betrokke by die verhoog, musiekteater, radio, oorklanking, televisie, films en musiek. Mense onthou hom meestal vir "Ballade vir 'n enkeling" en "Tussen treine".

Richard woon in Melville, Johannesburg, saam met my vrou Suzanne en hulle twee honde, Abby en Lientjie. Sy seun Conley is 'n student in Byron Bay, Australië.

Opgedateer/Updated: 2008-04-17
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Om op die verlate perron te dans

Richard van der Westhuizen 2012-11-30 Die musiekvideo kan deur middel van ’n kunstige versmelting van mediakomponente ’n eie artistieke seggingskrag in Afrikaans bevestig. Richard van der Westhuizen gesels oor klank, beeld en identiteit na aanleiding van 'n LitNet Akademies-artikel.

In Memoriam: Louis van Rensburg

Richard van der Westhuizen 2012-09-12 "Nou is Louis stil. Ek kan dit nog nie glo nie. Maak nie saak wat mens dink van 7de Laan nie – as die Soweto String Quartet lostrek met Louis se temaliedjie, weet jy presies wat dit is. En in hierdie dae van sinnelose doef-doef en breinlose dansmusiek word die gehoor nog steeds stil as iemand die eerste note van “Voshaarnooi” speel."
Top