Renée Conradie

My joernalistieke loopbaan het by Die Burger begin, toe na Beeld as pioniersredaksielid en by die oorspronklike BY totdat ek met Leo Conradie getroud is. Sy diplomatieke loopbaan het ons na etlike wêreldstede geneem, maar ek het deurentyd geskryf en tussenin was ek Pretoria-kantoor vir Huisgenoot en Sarie, bedryfsredakteur en later uit Parys korrespondent vir Die Burger. Ek woon in Pretoria en doen vryskutwerk (gereeld vir De Kat) en wroeg met ’n boek. Het ’n MA in Kreatiewe Skryfkuns in 2011 by UP behaal en was onlangs vir ’n werkwinkel by The Talking Table in Griekeland met Frederik de Jager en Marita van der Vyver.

Martie Retief Meiring: In memoriam

Renée Conradie In memoriam 2024-10-06

"Die Kaap in die vroeë sewentigs was basies klein en almal het so half mekaar geken. Maar Martie het álmal geken. En deur Martie is ’n hele groot gemeenskap vir vele oopgemaak."

Met die Vierkleur in Parys deur Renée Conradie: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Renée Conradie Skrywersonderhoude 2020-11-12

"Ek het eerlikwaar nie ’n doel voor oë gehad buiten om ’n storie te skryf wat hom by my aangemeld het nie."

Vrouedag-skryfkompetisie: Martie Retief Meiring

Renée Conradie Skryfkompetisies 2019-08-06

LitNet se Vrouedag-skryfkompetisie – Vonkfiksie deur Reneé Conradie: "Nou, in hierdie laaste pylvak, klop ek weer by haar aan vir raad oor weduweeskap (wanneer gooi jy sy tandeborsel weg?) en ons, nou volwasse, kinders en hul weë."

Top