René van Zyl

René van Zyl is ’n oudjoernalis, skrywer en blogger en ontwerp interaktiewe kurrikulums vir kinderkerke. Sy en haar gesin bly teen die hange van die Magaliesberg in Hartbeespoort en sy geniet dit veral om gemeenskapsmusiekspele te skryf en op die planke te bring. René het in 1986 haar BA Kommunikasiekunde-graad in Potchefstroom voltooi en het intussen verskeie skryfskole bygewoon, onder andere ’n kursus met die naam “Story” by Westminster-universiteit in Londen, aangebied deur die draaiboekfoendi Robert McKee. Sy het al interessante soorte werk gedoen, onder andere as omgewingsopvoedkundige en openbare skakelbeampte by twee verskillende natuurbewaringsinstansies.

Haar eerste boek, wat sy self publiseer het, Wee Monk’s Tale, the secret of immortality (2011), was ’n avontuurlike Middeleeuse jeugverhaal wat in Ierland en Skotland afspeel. Sedert 2018 het LAPA Uitgewers haar René van Zyl is ’n oudjoernalis, skrywer en blogger en ontwerp interaktiewe kurrikulums vir kinderkerke. Sy en haar gesin bly teen die hange van die Magaliesberg in Hartbeespoort en sy geniet dit veral om gemeenskapsmusiekspele te skryf en op die planke te bring. René het in 1986 haar BA Kommunikasiekunde-graad in Potchefstroom voltooi en het intussen verskeie skryfskole bygewoon, onder andere ’n kursus met die naam “Story” by Westminster-universiteit in Londen, aangebied deur die draaiboekfoendi Robert McKee. Sy het al interessante soorte werk gedoen, onder andere as omgewingsopvoedkundige en openbare skakelbeampte by twee verskillende natuurbewaringsinstansies.

Romanzas begin uitgee, waarvan daar reeds ses gepubliseer is, asook ’n SuperRomanza. Haar nuutste samesweringsroman is Die Alfadokument wat deur Wenkbrou Uitgewers uitgegee is en die eerste in sy soort in Afrikaans is. Sy werk reeds aan die opvolg hiervan.

Haar buite-die-boks-predikantman, twee volwasse dogters en ‘n seun is die groot liefdes in haar lewe en ook haar grootste inspirasie. Haar seun (27) is breingestremd en die lewe saam met hom het haar geleer om daaglikse uitdagings met genoegsame humor aan te pak. Sy glo onwrikbaar in die liefde en gelukkige eindes. Haar voorliefde vir Europa se romantiese kastele, katedrale en legendes maak dat sy haar laaste sente sal uitgee om nogmaals daarheen te reis en stories te versamel.

  • Foto: verskaf

Oor blou melkskommels en zombies: Izak gesels met René van Zyl

Izak de Vries, René van Zyl Skrywersonderhoude 2023-08-23

"Ek moet byvoeg, my eie dogters het op skool altyd sulke interessante aksie-avontuurverhale van oorsese skrywers gelees. Dit het my frustreer dat hulle nie Afrikaans wil lees nie. Dit het half ’n missie van my geword om iets te skryf wat selfs hulle, met hul kreatiewe verbeelding, sou wou lees. Iets anders."

Die Alfadokument: ’n onderhoud met René van Zyl

Cliffordene Norton, René van Zyl Skrywersonderhoude 2020-02-05

"Sommige mense kan soos skape gelei word om ’n charismatiese leier of ’n ideologie te glo wat teen die meeste mense se gesonde intellek indruis. Dit fassineer my."

Top