Rachelle Conradie

Rachelle Conradie-Klopper woon al ses jaar in Hongkong met haar gesin en ontdek graag saam ander wêrelde! Voorheen was sy in Nederland betrokke by die Universiteit van Leiden as internasionale redakteur na haar MA-studie in Afrikaans-Nederlands en Literatuurwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch, deels in Leiden. Haar teoretisering rondom meerstemmigheid het haar in Nederland nuwe insig gegee in die wyse waarop literatuur die Suid-Afrikaanse geskiedenis selfs meer na waarheid kan uitbeeld as die geskiedskrywing self. In Nederland het sy vir ’n tyd haar ervarings as expat gedeel op LitNet in haar rubriek ‘Expatighede’. Onlangs was sy een van die manuskriplesers van die bekroonde roman Die wêreld van Charlie Oeng deur Etienne van Heerden, wat deels in Hongkong en Nederland afspeel. Rachelle doseer graag joga aan almal wat met plesier wil beweeg: van babas tot oupas. Sy het ’n aantal jaar neurobewuste bewegingsleer (Nia) in Amerika en Europa studeer wat haar werk inspireer. Sy het aan ’n seun in Nederland en ’n dogter in Hongkong geboorte gegee (uiterstes!) en fasiliteer ook graag ouers in die wêreld van bewuste ouerskap. Sy het al vele hakke saam met haar man opgedans aan Argentynse tango oor die wêreld en glo dat families wat gereeld net vir plesier dans, die wêreld kan verander. Sy sal graag beter Manderijns wil praat as haar kinders, maar sover gaan daardie strewe minder goed as verwag. 

Bokkie-san in Japan

Rachelle Conradie Menings 2019-10-31

"Mag ons hierdie jaar as die jaar van die heilige Bokke verklaar."

Hongkong se gees trek saam

Rachelle Conradie Seminare en essays 2019-06-26

"As die nuwe wet aanvaar word, verduidelik Ng Ngoi-yee, kan enigiemand wat in Hongkong woon, besoek, besigheid doen of op ’n aansluitingsvlug wag, aan die Chinese vasteland uitgelewer word."

Top