PJO Jonker

PJO Jonker skuil graag op die plaas waar sy familie se skryfwortels in die diamantstof van Koffiefontein lê. Dis onder meer daar waar hy tot verhaal kom, stil plekke waar hy die afgelope twee dekades al dieper in die kuns van storievertelling delf. Hy en sy gesin het ook ’n tyd lank op ’n heuwel in die Franse platteland gaan woon sodat hy kon skryf. Hy is getroud met Lindelize van die Karooplaas Cranemere en hulle het twee kinders, Marianna en Philip. (Foto van PJ Jonker: NB-Uitgewers)

"Die hele wêreld is op Erfdeel vandag."

PJO Jonker Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-08-20

"Dis net die verstoteling wat nog glo dat verlossing nie in onsself lê nie. Net die uitgeworpenes wat glo in die nodigheid van ’n sinjaalswenk en ’n aweregse Gees sodat ons ander voetstoots kan liefhê."

Die onsigbare: ’n onderhoud met PJO Jonker

Trisa Hugo, PJO Jonker Skrywersonderhoude 2024-09-04

"Die onsigbare is so goed soos ’n ware verhaal vir my. Daar is nie navorsing wat hierin gegaan het nie, liewer belewing en inlewing. Ek weet hoe ruik skaapwol, hoe dit voel as ’n skaap jou kaal voet raaktrap. Feite is terloops. Ek weet in elk geval nie meer wat is waar en wat is verbeelde werklikheid nie."

Top