Pieter Duvenage is ’n politieke filosoof en politieke kommentator, direkteur van die Instituut vir Filosofie en Samelewing, en buitengewone professor in filosofie aan die Noordwes-Universiteit. Sy jongste boek, Bewegende denke: praktiese wysheid en kritiese hermeneutiek in onstuimige tye (Naledi, 2025), was op die kortlys vir die Hiemstra-prys. Sy navorsing fokus op politieke en sosiale filosofie, estetika en Suid-Afrikaanse intellektuele geskiedenis. Hy woon net buite Stellenbosch.