Pieta van Deventer

Pieta van Deventer  was verbonde aan die Departement Statistiek en Aktuariële Wetenskap, Universiteit Stellenbosch, tot en met sy aftrede einde 2014. Sedertdien spandeer hy sy tyd aan kosmologie, dit wil sê om meer te wete te kom oor die ontstaan van die heelal en dus gevolglik ook die sterre en ander komponente van die heelal. Hierdie paadjie loop direk geplavei deur die interessanthede van die wiskunde, fisika en chemie tot ’n studie oor die kleinste van elementêre deeltjies, naamlik die kwarks. Spesifieke navorsing tans hou verband met die akoestiese eienskappe en statistiese ontledings van klokke  –  bekend as kampanometrie, in samewerking met Tertius de Wet (US) en Jef Teugels (Leuven Univ). Dit gaan dan ook saam met ’n studie van die wiskundig-statistiese eienskappe van musiek.

Verrykingswiskunde met Pieta van Deventer: Cantor met sy oneindige aantal punte met nul maat

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2022-09-01

Nul is nie niks nie! Lees hierdie artikel om uit te vind wat dit beteken.

Wiskundeverrykingsartikel: Die momentvoortbringende funksie as voorbeeld van ’n genererende funksie

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2021-10-27

Wie was Daniel Bernoulli? Lees hierdie artikel om meer van sy Wiskundige ontdekkings uit te vind.

Wiskundeverrykingsartikel: Gemiddelde

Pieta van Deventer Skole 2021-09-28

"Ons word van jongs af bekendgestel aan die begrip van 'die gemiddelde'. Het iemand al vir jou gevra om te verduidelik wat met 'die gemiddelde', of meer korrek, 'die rekenkundige gemiddelde' van ’n steekproef van getalle bedoel word?" Lees Pieta van Deventer se artikel om die antwoord uit te vind.

Pyn – die onderskatte moordenaar

Pieta van Deventer Menings 2021-02-16

"Indien jy ooit in ’n argument oor selfdood of genadedood betrokke raak, vra vir so ’n persoon of hy/sy al ooit in ’n dal van pynskaduwee was. ’n Mens kan nie ’n oordeel vel as jy dit nie al self beleef het nie."

Wiskundeverrykingsartikel: Google en googol

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2021-01-26

Lees Pieta van Deventer se artikel oor die verband tussen wiskunde en 'n baie bekende soekenjin hier.

Wiskundeverrykingsartikel: afstandsberekening en die sterre

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2020-12-03

In hierdie artikel skryf Pieta van Deventer oor wiskundige beginsels wat toegepas word op die afstandsberekening tussen sterre, oor die Doppler-effek in die liggolwe van 'n ster, die rooiligverskuiwing in die spektrum van ’n ster en die standaardfakkels en veranderlike sterre.

Modulêre wiskunde en musiek – Wat oorbly is dikwels al wat tel

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2020-10-28

"Ons stel in die besonder belang in hoe akkuraat klokke ingestem is, en die wyse waarop dit beoordeel word, hou verband met die afwykings/reswaardes itv frekwensie vanaf die bedoelde toonhoogte."

Pascal se driehoek en L’Hôpital se reël

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2020-10-07

Lees Pieta van Deventer se bespreking van Pascal se driehoek en L’Hôpital se reël hier.

Transendentale getalle, Euler-Mascheroni en gammas

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2020-08-24

Lees Pieta van Deventer se bespreking van transendentale getalle, Euler-Mascheroni en gammas hier.

Monty Hall en intuïsie

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2020-08-07

Wiskundeverryking: Lees Pieta van Deventer se bespreking van die Monty Hall-probleem en intuïsie.

Kontinue modelle

Pieta van Deventer Skole 2020-07-22

Lees Pieta van Deventer se bespreking van kontinue modelle hier.

Diskrete modelle

Pieta van Deventer Skole 2020-07-06

In hierdie aflewering van sy verrykingsartikels bespreek Pieta van Deventer die wiskundige konsep van diskrete modelle. 

Teltegnieke en waarskynlikhede

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2020-06-29

"Tel? Ons reken ons almal kan tel. Dis reg, maar soms raak dit nogal lastig om reg te tel."

Spel met grondtalle

Pieta van Deventer Skole 2020-06-04

"In Suid-Afrika het ons ook, nes in Brittanje, met ’n baie komplekse tweeledige grondtal van 12 en 20 in ons finansiële omgewing gewerk en niks snaaks daarvan gedink nie. Ponde, sjielings en pennies met 12 pennies in ’n sjieling en 20 sjielings in ’n pond en 21 sjielings in ’n ghienie was die standaard."

Vierdimensionele getalle en determinante

Pieta van Deventer Skole 2020-05-11

"Dit is ’n baie nuttige werktuig in die skep van grafika in animasiesagteware ... Hierbenewens speel dit ’n belangrike rol in vlugdinamika, die beweging van elementêre deeltjies in kernfisika, robotika, rekenaaraftasting, kontroleteorie, seinprosessering en ’n magdom ander velde."

Top