Piet Muller

Piet Muller is ’n joernalis, rubriekskrywer, politieke kommentator, futuroloog en spiritualis.

Piet Muller studeer aan die Universiteit van Oranje Vrystaat, en verwerf grade in BA (cum laude), B Honneurs BA. Aan die Universiteit van Kaapstad doen hy sy MA en ’n PhD in filosofie aan die Universiteit van Pretoria. Sy gepubliseerde akademiese artikels sluit in "Articles in the fields of theory of translation, communication science, philosophy, creativity studies and futurology". 

Piet is ’n futuroloog en die mede-stigter van twee uitgewershuise en die stigter, redakteur van die tydskrif Insig (1990). Hy was ook die vise-redakteur van Rapport en Beeld. As politieke joernalis ontvang hy die SFW Toekenning vir joernalisme, vir sy bydrae tot die onderhandelings tussen die ANC en die destydse regering.

Hy is die skrywer van 16 boeke, onder andere Sukses na vyftigDie Nuwe Hervorming en Gedagtes wat heelmaak. Hy het ook al vele artikels geskryf en reg oor die wêreld aangebied rondom die temas van spiritualiteit.

Dit is tyd vir ’n “volkskongres” oor Afrikaans

Piet Muller SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-01-27

"Net soos wit kinders, is bruin en swart Afrikaanssprekende kinders vandag letterlik en figuurlik ons volk se toekoms en daar moet soos kleinode na hulle omgesien word. Hulle moet die soort onderwys ontvang waarmee hulle suksesvol in die postindustriële ekonomie kan meeding."

Die digter en die politikus

Piet Muller Seminare en essays 2018-06-11

"Verwoerd en Louw het elkeen ’n resep vir die Afrikaner se oorlewing aangebied: Verwoerd deur groter skeiding van rasse en Louw deur die beklemtoning van die kulturele eenheid van alle Afrikaanssprekers."

Huldeblyk: Cas van Rensburg

Piet Muller In memoriam 2018-05-09

"Ek bring graag hulde aan ’n vriend van wie ek altyd net lojaliteit en ondersteuning ontvang het en vir wie se werk ek die grootste respek gehad het."

Top