Petra Van Tonder

Ek was nog altyd lief vir stories en het my eerste verhaaltjie, alhoewel krom en skeef, reeds in graad 1 neergepen.
Na skool studeer ek drama, maar verander na die eerste jaar my kursus na sielkunde.
My eerste werk na voltooiing van my voorgraadse studie was ver van my natuurlike neigings af verwyder. Ek was ’n debiteure-en-krediteure-klerk. Dit was ’n goeie leerskool. Intussen gaan ek voort met nagraadse studie en het met ’n 18 maande oue baba op die heup, en baie ondersteuning van my man, my meestersgraad in sielkunde voltooi.
Ek werk as sielkundige in Australië, hoofsaaklik met oorlogvlugtelinge en dwelmverslaafdes. Dit het my baie insig in die innerlike broosheid en ook innerlike krag van die mens gegee. Tog het die versugting en passie om te skryf nooit uit my lewe gewyk nie.
’n Paar jaar gelede breek ek my een voet en omdat ek nie van stilsit hou nie, neem die voet vier maande om te herstel. Alles my eie skuld. Gedurende daardie erg frustrerende tyd stel ’n vriendin voor dat ek mos nou die tyd het om te skryf. En ek het. Dit was ’n proses, met baie kursusse en baie ondersteuning van dierbare skrywersvriende en my familie. Deesdae sal ek dié werk, so senutergend en uitputtend as wat dit soms is, vir niks verruil nie. Met my agtergrond as sielkundige, gekombineer met ’n effe dramatiese geaardheid en ’n passie vir my medemens, kan ek my groot liefde om te skryf nou uitleef.
Dit is my groot wens dat my skryfwerk iemand hoop of insig sal gee.

Die feite, flaters en hoop rondom menopousale vet, dieet en oefening

Petra Van Tonder Menings 2022-08-19

"Nadat Susan begin het met die nuwe oefenprogram en dieet wat uitgewerk is om by haar behoeftes, bou en gene te pas, het haar lewe verander." Petra van Tonder het ’n onderwerp ondersoek wat baie mense terneergedruk stem. Lees ook nog ander LitNet-artikels oor dieet, oefen en algemene leefstyl en welstand wat onderaan hierdie artikel geskakel is.

Van rotstekeninge tot joernaalterapie

Petra Van Tonder Boeke en skrywers 2021-01-07

"Die afleiding kan gemaak word dat die versugting van mense om hul belewenisse en gedagtes op iets konkreets neer te pen, as’t ware ingekerf is in die mens se DNS."

Top