Petra Courtney

Ek is op 25 Oktober 1954 gebore op Ermelo, as die oudste dogter van die gevierde skrywer, HS van Blerk en sy vrou Nel. Ek het grootgeword in die Benoni omgewing en aan Tuks gestudeer en later my Honneursgraad in Afrikaanse literatuur aan UNISA verwerf. Ek het daarna onder andere skoolgehou en vertaalwerk gedoen vir die SAUK.

Op 14 April 1984 is ek getroud met Mark Courtney en ons het 2 kinders, ’n seun Sean-Patrick en ’n dogter Sinead, tans albei in London in Engeland woonagtig. Mark werk in die hotelbedryf en as gevolg daarvan het ons baie rondgetrek – van Rustenburg tot Bloemfontein en oor die grense na Swaziland, Lesotho en tans Lagos, Nigerië. Die ’nomadiese’ bestaan het bygedrae tot onvervangbare lewenservaringe en inspirasie vi r my  skryfwerk.

My onderwysagtergrond het gelei na geleenthede in die opleiding van volwassenes en tans het ek my eie opelidingsmaatskappy wat spesialiseer in bestuursopleiding. Behalwe vir ’n vaste inkomste gee dit my die geleentheid om my kreatiwiteit uit te leef in die vorm van opleidingsmateriaal en handleidings wat ek self skryf.

Ek het in 1984 gedebuteer met ’n digbundel  “Skerf” wat onder my nooiensvan (van Blerk) verskyn het.  Ek het intussen nog ’n digbundel voltooi, sowel as ’n bundel verhale met Afrika legendes as tema. Behalwe vir ’n paar  kleiner artikels en verhale in tydskrifte het ek egter nog nie weer gepubliseer nie, iets wat ek hoop om binnekort te verander.

Opgedateer/Updated: 2011-10-14

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za


Aankoms in Lagos

Petra Courtney 2013-06-04 "Dis elfuur op ’n Sondagaand by Murtala Muhammed-lughawe in Lagos, Nigerië. Ons is na buite verwilder, want die lughawegebou word gesluit. ’n Verskeidenheid verdagte karakters hang in die halfdonker rond [...]"

Hoe lyk jou stad-kompetisie: voorstedelike vrydag (1987)

Petra Courtney 2012-07-25 Petra Courtney oorweeg die funksie van kuns op 'n voorstedelike Vrydag in die 1980's in Melville.

Hoe lyk jou stad-kompetisie: goudstad

Petra Courtney 2012-07-17 Petra Courtney val vir die goudstad se verleiding.

die weerligvoël

Petra Courtney 2011-10-14
Top