Paul Philip Sauer

Agtergrond

Gebore en getoë in Oos-Londen, studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en behaal die volgende kwalifikasies: BSc (Hons), HOD, Vakdidaktiek – Biologie en Geografie.

Bekwaam verder met ’n Diploma in Besigheidsadministrasie.

Getroud met Lorraine, ’n verpleegkundige, en het twee kinders, ’n dogter Jana en seun Paul.

Onderwys

Begin by Hoërskool Hentie Cilliers in Virginia in 1991.

Word bevorder tot Departementshoof aan Sandveld Hoërskool, Wesselsbron in 1994.

Word bevorder tot Adjunkhoof aan Welkom High School in 1998.

Word aangestel as Skoolhoof by Welkom High School in 2004.

Word aangestel as Skoolhoof by Goudveld Hoërskool in 2013.

Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU)

Word verkies as kringkoördineerder van die Goudkring vir twee termyne 2005–2007 en 2008–2010.

Word verkies tot SAOU Voorsitter in die Vrystaat vir vier termyne 2011–2013, 2014–2016, 2017–2019 en 2020–2022.

Word verkies tot Nasionale Vise-President in die laaste twee termyne.

Uit die aard van die amp dien hy op die Provinsiale Dagbestuur en Provinsiale Uitvoerende Raad, asook op die Nasionale Dagbestuur en Nasionale Uitvoerende Raad en as ’n raadslid van SARO.

Word op 1 Oktober 2023 aangestel as die Uitvoerende Beampte van SAOU Nasionaal.

Provinsiale onderwysdepartement

Dien op die Vrystaatse Raad vir Skoolhoofde vanaf 2008–2022, eerstens as Sekretaris van die Lejweleputswa Skoolhoofde Vereniging en later as ’n genomineerde van die LUR vir Onderwys in die Vrystaat.

Gemeenskap

Dien in verskeie ampte in rugby, krieket en atletiek, asook wetenskapsverenigings in sy onderwysloopbaan wat wissel van afrigter tot streek- en nasionale besture van onderskeie liggame.

Ander

Geniet sport, politiek, lees graag outobiografieë en is baie lief vir geskiedenis.

Reguit met Robinson: Onderwyssektor onder beleg

Freek Robinson, Paul Philip Sauer SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-09

Die onderwys verkeer tans onder baie druk. Freek Robinson gesels met Paul Sauer, uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU). Poste, begrotingsinkortings, leerders se gebrek aan leesbegrip, die Bela-wet, die toestand van klaskamers en die welstand van onderwysers word onder die loep geneem.

Top