Niel Koekemoer
Niel Koekemoer is in Lichtenburg, Noordwes, gebore en matrikuleer aan die Hoërskool Lichtenburg. Hy studeer BIS Multimedia en behaal sy meestersgraad in informatika aan die Universiteit van Pretoria. Hy woon in Kaapstad, waar hy in die finansiële sektor as ’n stelselargitek en -analis werk.