Neels Swanepoel

Neels Swanepoel behaal sy BA en LLB aan die Universiteit Stellenbosch. Hierna dien hy as streekhofaanklaer in Bloemfontein. Hy verlaat die Departement Justisie, voltooi in 1983 sy leerklerkskap as prokureur by die Bloemfonteinse firma Hill, McHardy en Herbst, en word in dieselfde jaar as prokureur van die hoë hof toegelaat. Hierna praktiseer hy as prokureur by De Villiers en Joynt in Parys, Vrystaat, en later onder die naam Du Toit en Swanepoel. In 1992 word hy toegelaat as aktebesorger van die hoë hof. Hy aanvaar  in 1999 ’n aanstelling as direkteur van die regskliniek van die Universiteit van die Vrystaat  (UV) in die hoedanigheid van senior lektor. In 2002 verwerf hy sy LLM en in 2006 sy LLD aan die UV. Die titel van sy LLD-verhandeling is “The emergence of a modern international criminal justice order”. In 2008 word hy bevorder tot medeprofessor en aangestel as departementele voorsitter van proses- en bewysreg. Gedurende sy akademiese loopbaan doseer hy hoofsaaklik regspraktyk, siviele prosesreg en bewysreg. Sy navorsingsonderwerpe sluit kliniese regsonderrig, praktyksbestuur, siviele prosesreg en internasionale strafreg in. In 2012 ontwikkel hy ’n nagraadse LLM-graad in internasionale strafreg en geregtigheid aan die UV.


Wortels, wêreldgebeure en hofuitsprake: ’n LitNet Akademies-onderhoud

Naomi Meyer, Neels Swanepoel Onderhoude 2025-06-25

Neels Swanepoel praat oor sy onlangsverskene LitNet Akademies (Regte)-artikel: "Uit ’n 'spirituele politieke perspektief' verteenwoordig en vergelyk ek die wortels as die spirituele en emosionele anker van ’n mens of samelewing se bestaan. Dit word in Suid-Afrika op die Grondwet geskoei. Die Suid-Afrikaanse Grondwet behoort dus gesonde vrugte te lewer. Maar dit gebeur nie."

The roots, the branches and the fruit: moral regeneration in South Africa in the context of legal ethics teaching as part of the LLB degree programme

Neels Swanepoel Academic research 2025-06-23

"Thirty years after the dawn of the South African democracy, the bitter fruits of our 'democratic tree' include alarmingly high levels of corruption, violence, a lack of basic service delivery, impunity for crime, and many more societal ills."

Die wortels, die takke en die vrugte: morele herstel in Suid-Afrika in die konteks van regsetiekonderrig in die LLB-graadprogram

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2025-06-23

"Die gevolgtrekking is dat nóg die Grondwet nóg die wortels van ons onderskeie tradisionele moraliteitskulture enige ruimte laat vir ondeurdagte aanslae op die oppergesag van die reg en die algemene morele verval in die land."

Civil contempt orders post-Zondo/Zuma: the legal position and implications

Neels Swanepoel, Inez Bezuidenhout Academic research 2025-03-20

"South African law has always recognised that contempt of court orders may be obtained in the course of civil proceedings, in particular with motion procedure, where it was necessary."

Siviele minagtingsbevele ná Zondo/Zuma: die regsposisie en implikasies

Neels Swanepoel, Inez Bezuidenhout LitNet Akademies (Regte) 2025-03-20

"Die gevolgtrekking is dat die Konstitusionele Hof met hierdie uitspraak die siviele minagtingsprosedure finaal in pas met grondwetlike vereistes ontwikkel het – ’n proses wat die Hoogste Hof van Appèl reeds in Fakie in oënskou geneem het."

Abuse of court processes and the recognition of a special plea that discourages improper litigation motives

Neels Swanepoel Academic research 2023-04-20

"It is also necessary to preserve scarce court resources to facilitate greater access to justice for all. Of late, litigation in South Africa too often appears to be aimed at other purposes than to achieve justice."

Die misbruik van hofprosesse en die erkenning van ’n spesiale pleit wat onbehoorlike litigasiemotiewe ontmoedig

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2023-04-20

"Advies en hofoptrede namens kliënte behoort nooit te geskied met onbehoorlike motiewe soos om die regsproses te vertraag, om bestaande hofreëls te verdraai en te misbruik, of om die ontduiking van openbare verantwoordbaarheid en aanspreeklikheid te fasiliteer nie."

The role of dissenting (minority) judgments in the South African legal system with reference to contempt of court in civil context

Neels Swanepoel Academic research 2022-05-11

"After the first application the Constitutional Court issued a directive to Zuma inviting him to file papers in which he advanced reasons why an order for his committal should not be made in the event that the court found him in contempt. Again, he did not avail himself of this opportunity."

Die rol van afwykende (minderheids)uitsprake in die Suid-Afrikaanse regsbestel met verwysing na minagting van die hof in sivielregtelike konteks

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2022-05-11

"Wat afwykende (minderheids)uitsprake betref, is die gevolgtrekking dat dié instelling in ons reg as ’n nuttige deursigtigheid- en verantwoordbaarheidsmeganisme vir ons howe aangewend kan word."

The application of the structured interdict in the South African legal order: a distinctive adjudication process

Neels Swanepoel Academic research 2015-07-15

"This article examines the structural interdict as the appropriate process by which to develop suitable constitutional remedies."

Die aanwending van die gestruktureerde interdik in die Suid-Afrikaanse konstitusionele regsbedeling: 'n eiesoortige beregtingsproses.

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2015-07-15

"Hierdie artikel beklemtoon dat die gestruktureerde interdik, wat sy ontstaan in die VSA gehad het, ’n belangrike rol kan speel om toepaslike grondwetlike remedies te skep waar grondwetlike regte geskend word."

Die uitlegsverbreding van die gemeenregtelike vereistes vir locus standi in iudicio in publiekregtelike en eiebelang grondwetlike aksies: ’n noodwendige ontwikkeling deur die Suid-Afrikaanse howe

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2015-02-17

"Die jammerlike versuim deur die parlement om werk te maak van die Suid-Afrikaanse Regskommissie se voorstelle oor openbare en klasaksies het ons howe behoorlik aan die diep kant ingegooi. Tog wek die manier waarop ons howe hierdie uitlegtaak hanteer het, vertroue."

Vonnisbespreking: ’n Oorwinning in die stryd teen straffeloosheid vir die plegers van menseregteskendings

Neels Swanepoel 2014-04-02 Neels Swanepoel bespreek die saak waarin die hoogste hof van appèl se uitspraak ’n beduidende bydrae gelewer tot die eeue oue stryd teen die straffeloosheid wat plegers van wandade voorheen skotvry daarvan laat afkom het.
Top