Monique Rabé

Monique Rabé (28) is ’n lektor in Afrikaanse taalkunde in die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit (NWU) (Potchefstroomkampus) en ’n navorser binne die subprogram vir beskrywende taalkunde in die navorsingsfokusarea Understanding and Processing Language in Complex Settings (UPSET). Sy ontvang haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands in 2018 en haar meestersgraad in algemene taalkunde in 2021, beide met lof, en ontvang ook in 2022 die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) se Marius Jooste-medalje vir die beste magisterverhandeling in Afrikaans en Nederlands wat in 2021 by die NWU ingedien is. Sy dien vanaf 2022 in die Taalkommissie van die SAAWK.

An exploratory study of code-switching patterns in the utterances of preschool Afrikaans-Dutch children

Monique Rabé, Nina Brink Academic research 2025-10-23

"The study takes as its starting point the characteristics of congruent lexicalisation and the specific dynamics of code-switching between closely related languages to explore and describe the code-switching patterns found in the utterances of preschool Afrikaans–Dutch children during the BFLA process."

’n Verkennende studie van kodewisselingspatrone in die uitings van voorskoolse, Afrikaans-Nederlandse kinders

Monique Rabé, Nina Brink LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-10-23

"Aangesien Afrikaans en Nederlands nouverwante tale is, is kongruente leksikalisering dikwels teenwoordig, wat tot ’n samevloeiing van grammatikale strukture tussen die tale lei."

TK-lesing 4: Die werkwyse van die Taalkommissie

Monique Rabé, Jana Luther Seminare en essays 2024-08-01

"Die Taalkommissie het in die uitvoer van sy mandaat een kerndoel voor oë: Om ’n bron daar te stel wat leiding gee oor hoe om – in soverre dit moontlik is – konsekwent eenvormig te skryf en te spel sodat eerste-, tweede-, derde- én vreemdetaalsprekers van Afrikaans met die minimum moeite die maklikste met mekaar kan kommunikeer wanneer hulle formeel, amptelik moet lees en skryf."

Age and content advisories for Afrikaans books for children: results of a first qualitative and quantitative investigation

Gerhard van Huyssteen, Monique Rabé, Martin Puttkammer Academic research 2023-04-30

"In South Africa, the Films and Publications Act 65 of 1996 (South African Government 1996) provides the framework for controlling films and publications in South Africa. This includes the imposition of age and content advisories for films and television programmes (f-ACAs) by the Film and Publication Board (FPB). ... However, no similar advisories exist for books (b-ACAs), although this is the practice in the United States of America, for example. The aim of this investigation is to determine what Afrikaans speakers think and feel about b-ACAs for books for children."

Ouderdoms- en inhoudsadvies vir Afrikaanse boeke vir kinders: resultate van ’n eerste kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoek

Gerhard van Huyssteen, Monique Rabé, Martin Puttkammer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-04-30

"Desnieteenstaande dié institusionele raamwerk, is daar steeds geen geïnstitusionaliseerde Suid-Afrikaanse implementering van ouderdoms- en inhoudsadvies vir boeke (b-OIA’s) nie. Dit sou byvoorbeeld advies oor genres, gepastheid van temas vir bepaalde ouderdomsgroepe, inhoudswaarskuwings oor naaktheid, taalgebruik en geweld, en snellerwaarskuwings vir selfdood en gevalle van mishandeling kon insluit."

Top