Merle Grace

Merle Grace hou daarvan om polariteite te bevraagteken. Sy kan deesdae saam met haar ma ’n serp brei en saam met vriende by Hell’s Kitchen uithang. Haar kinders is wonderlik en kreatief, maar sy pos altyd profile pics sonder hulle. Sy hou van die son. Sy hou van boeke en bome en bye. Sy luister graag na musiek en op die oomblik is Rammstein se 2004- album Reise reise haar gunsteling, saam met alles van 21 Pilots. Sy glo in die krag wat in die goeie lê, maar ook die krag van wyn, reis, groter word, meer word en lag vir jouself. Veral lag vir jouself. Die wêreld is nie vir haar ’n ernstige plek nie, eerder ’n speelveld met baie moontlikhede.

Korona-kortverhaalfees: Merle Grace oor "KleinKosie"

Melt Myburgh, Merle Grace Skrywersonderhoude 2020-06-22

"Maar ek het eers in my laat twintigs ’n brief aan ’n nou bekende skrywer gepos, wat toe terugskryf en sê: 'Hoekom probeer jy nie ’n kortverhaal skryf nie?'"

KleinKosie

Merle Grace Fiksie 2020-06-22

"Sy kyk na my en Ben. 'Are you two okay? I saw the bakkie …' Dan na Kosie: 'So, ek hoor jy hou ’n mamba hier aan?' Haar Afrikaans is perfek."

Top