Marthinus van Loggerenberg

Van die Jakarandastad gewaai na die Expat-stad gewaai na die Moederstad – en nou tien jaar later aan’t Kaapse bodem … Marthinus is mede-eienaar en handelsmerkstrateeg by Artelligence Media en ook ’n deeltydse lektor by die Vega School of Branding and Communications. Hy het onlangs sy MBA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch met lof behaal ná studie aan Pretoria Universiteit en die AAA School of Advertising. Hy het al vir TV geskryf, skilder graag en speel soms sy hart uit op ’n ou waterkopklavier vol melodrama en murmererings van vervloë dae. Hy droom om nog eendag ’n internasionaal bekroonde Afrikaanse fliek in die lewe te bring.

 

Opgedateer/Updated: 2009-12-15

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Geradbraakte nuanse van die feetjies en dwergies

Marthinus van Loggerenberg 2014-03-18 "Abel gryp stoterig sy broer se polse agter sy nek vas en dwing hom gras toe en fluister toe in sy oor: "Vertel my van die dwergies, Truan. Hei boetie, vertel my van die dwergies, toe?" paai Abel saggies."

 


Japer Hu

Marthinus van Loggerenberg, Marthinus van Loggerenberg 2013-07-31

Sedertdien sit ’n klomp vet kaalgat mans met puisies op hulle boude – in die einste sauna wat Japer Hu daagliks afgespuit het.


Die waggers

Marthinus van Loggerenberg 2006-11-22 Hulle wag netvir ietsiets om te gebeur En as die donker skielik winkgryp hulle benoud: wil nog tyd hê Vir wat?Vir wag? Bekommer hulle oor klere wat pas, klere te wasvel te dik, vel was los pasen kraam oor onbenullige, krampagtige snertrek ...
Top