Hulle wag net
vir iets
iets om te gebeur
En as die donker skielik wink
gryp hulle benoud: wil nog tyd hê
Vir wat?
Vir wag?
Bekommer hulle oor klere wat pas, klere te was
vel te dik, vel was los pas
en kraam oor onbenullige, krampagtige snert
rek hulle bekke commen oor dié wat nie wag nie
nie sit en staar nie
nie bly nie
Hul fifteen minutes of fame
lê dof in die agterkop
vertroebel deur gesigte wat verbitterd hang
Hulle loer, dut, snork onbeskaamd
Soms simbaal hul 'n klinkende gelag
maar bar word daar vinnig teruggekap teen wyse weerstand
Hulle ry saam, skinder saam, doen hul no name shopping
smyt hulle tasse neer, verwyt die dag en kook moeite-bedonderd
en vreet vinnig, suip, vee af
En dan, in stille antisipasie
wag hulle vir die slaap om te kom
om hul net weg te vat van die oordonderende vrese
met onderdrukte drome
in 'n realiteitsontnugterde helder koors
Hulle spog met 'n paniese tekort aan wyer denke
ontbreke strukture en hope verlore tyd
Soms gryp die waggers
gryp met heimwee, haat die tuig van hulle ligsinnige, snotkop, geestesarm,
enghoudende vatlap-afkoms
maar aangaan moet hulle aangaan
Soms streel 'n traan die dofheid weg
voor die gloeiende, warm, gemaklike welkomende lig van 'n TV wat troos
As hul maar net wil leef
die lewe beleef en opgewonde ontdek
sal hulle weer heel moontlik kan sien
sonder die verswelgende gemak van die afgryslike gewag
Maar hul vind 'n salige rus in die wag
vind vrede in die dominante rus
'n sagte gesus wat die seer lomp heel
halfhartig heel, en effe probeer onderdruk
want alles is altyd te veel
Wat 'n lewe
Wat 'n keuse