Marteni Burger het grootgeword in Potchefstroom en het haar matrieksertifikaat by Hoër Volkskool Potchefstroom se kantoortannie gaan optel. Daarna het sy drama geswot aan die Universiteit Stellenbosch, haar BA Honneurs verwerf in drama- en teaterstudie, en in teksskepping gespesialiseer. Sy woon in Arcachon in die Suidweste van Frankryk, net buite Bordeaux, waar haar verloofde rugby speel en sy vryskut-skryfwerk doen.
Naomi Bruwer, Marteni Burger2013-12-11Nuwe Stories 2 is pas deur NB-Uitgewers uitgegee. Marteni Burger, een van die skrywers wie se kortverhaal in die bundel opgeneem is, vertel wie sy is.