Marlene van Niekerk

Marlene van Niekerk is op 10 November 1954 op die plaas Tygerhoek naby Caledon in die Wes-Kaap gebore.  Sy gaan skool op Riviersonderend en Stellenbosch en matrikuleer aan die Hoërskool Bloemhof.

Na skool studeer Marlene tale en filosofie aan die Universiteit van
Stellenbosch waar sy haar MA in 1978 verwerf met ‘n tesis oor “Die aard en belang van die literêre vormgewing in Also sprach Zarathustra”.  Gedurende haar studentejare skryf Marlene drie dramas vir amateurteater.  Nadat sy haar studies voltooi, reis sy na Duitsland waar sy vanaf 1979 in teaters in Stuttgart en Mainz as leerling-regisseur werk.  Sy sit in 1980 haar studies voort deur filosofie in Nederland te studeer en voltooi in 1985 haar doktorale tesis op die werk van Claude Lévi-Strauss en Paul Ricoeur (“Taal en mythe:  een strukturalistische en een hermeneutische benadering”).  Net haar terugkeer na Suid-Afrika doseer sy eers filosofie aan die Universiteit Zululand en Unisa en daarna vanaf 1989 Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand.  Sy is tans betrokke by die Universiteit van Stellenbosch waar sy aan hoof staan van die kreatiewe MA. 

Marlene van Niekerk word aan die voete van storievertellers groot met haar pa wat lang “stories” uit die koerant voorlees.  Sy debuteer in 1977 met Sprokkelster waaraan die Eugène Marais- en Ingrid Jonkerpryse in 1978 toegeken word.  Sy skryf gereeld rubrieke vir koerante en tydskrifte en bied skeppende klasse aan.

Toekennings:
1978: Eugène Marais-prys en Ingrid Jonker-prys vir Sprokkelster Kanseliersprys van die Universiteit van Stellenbosch
1995: M-Net-prys, CAN-prys en Noma-prys vir Triomf
2005: Die UJ-prys vir skeppende skryfwerk vir Agaat.




Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Uit die argief, US-taaldebat: Marlene van Niekerk on the Stellenbosch University language debate

Marlene van Niekerk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-10

"I think the plot has been completely lost, and with it the spirit of imaginative transformation. You have not understood yet that there is a very modern, pedagogically sound and intellectually progressive basis for promoting mother-tongue education and linguistic diversity and for developing and protecting minority languages."

Fallist art (in memory of Bongani Mayosi)

Marlene van Niekerk In memoriam 2018-08-10

"Bongani’s soul, his sister said,
was vandalised, the insults
(sell-outcoconut)
cut him to the core, he changed,
withdrew, spoke less and less
and killed himself."

On “Young man at home 1972”

Marlene van Niekerk New writing 2018-07-12

"Time to part with what I’ve gleaned,
pick your favourite, he said,
I’ll print it, frame it, bring it round."

Klankopname: Marlene van Niekerk gesels oor Kaar

Marlene van Niekerk, Marius Swart 2014-04-17 Marlene van Niekerk gesels met Marius Swart oor Kaar wat pas bekroon is met die Hertzog-prys vir poësie.

Die simbiose van kuns: Madri Victor gesels met Marlene van Niekerk

Madri Victor, Marlene van Niekerk Skrywersonderhoude 2006-11-28

Vroeër vanjaar, by die ALV-kongres op Stellenbosch, het Marlene van Niekerk voorgelees uit haar nuwe boek, Memorandum.

nagpsalm

Marlene van Niekerk 2006-10-10 dis ’n ou klavier wat die nag verklaar dis ’n klawerbord by die voete van dinge by die voete van lamppale by die vrank voete van olyfbome dis metronome by die soeter voete van die suurlemoenboord in die vlei se voet van water onder om ...
Top