Marius Nigrini

Marius Nigrini is op 26 April 1974 op 'n plattelandse dorp, Winburg, gebore.  Hy behaal 'n Nasionale Diploma: Interne Ouditkunde aan die Technikon Vrystaat.  Hy was werksaam by 'n Prokureurs-firma in Bloemfontein vir 15 jaar.  Hy was egter in 2001 met Ankiloserende Spondilitis gediagnoseer en weens hierdie mediese toestand het hy afgetree einde 2014.  Die digter het 'n passie en liefde vir die natuur en in sy gesonde jare het hy gereeld staproetes voltooi en 'n hele aantal SAN-Parke besoek.  Sy debuutdigbundel "As blare val en bloei" is Augustus 2023 deur Malherbe Uitgewers gepubliseer.  Hy is tans woonagtig in Upington.

Manuskrip in ’n bottel

Marius Nigrini Poësie 2024-02-21

"ek is van die aarde
ek leef in die stilte
dit het ek lief"

Top