Marius Boonzaier

Marius Boonzaier is in Olifantshoek in die Noord-Kaap gebore. Op drie-jarige ouderdom word hy aan die slaap op die skaapwolsitplekke van sy ouers se ou Mercedes-Benz E220 en word in Durbanville, Kaapstad wakker. Hier Matrikuleer hy in 2012 aan die Hoërskool Durbanville. 
 
In 2016 voltooi hy sy BSc-graad in Menslike Wetenskappe, aan die Universitetit van Stellenbosch. Gedurende sy voorgraadse studies werk hy as nuusanker en omroeper by kampusradiostasie MFM 92.6 en saam met 'n vriend bied hy gratis kitaarlesse aan kinders van Eikestad se omliggende plase. In 2017 vang hy sy Honneursgraad in BA Joernalistiek. 
 
Marius het 'n voorliefde vir skryf en letterkunde en beoog om in die nabye toekoms 'n bundel te publiseer. Hy luister graag na musiek, veral op langspeelplate, speel kitaar en droom daarvan om eendag in 'n band te speel. 
 
Hy werk tans by CAR magazine. Hy is mal oor motors en wil graag eendag ’n swart 1955 Porsche Speedster met rooi leersitplekke besit. 

Gesnaarde gedigte by Aardklop: ’n onderhoud met Hilandi du Toit

Marius Boonzaier, Hilandi du Toit Leefstyl 2018-10-01

"Mense lag (want June is só fantasties en vrek snaaks); hulle huil oor die onregverdigheid van die lewe; en hulle word opnuut trots om Afrikaans en Suid-Afrikaans te wees."

Aardklop 2018: KROG, ’n onderhoud

Marius Boonzaier, Babette Viljoen Aardklop 2018-09-27

"Die temas wat deur KROG aangespreek word, is universeel – dit kan nie tot net een tipe gehoor beperk word nie: Die gedigte gaan oor kindwees, ma-wees, verlief wees, alleenwees, hoopvol wees oor ons land, en dan is daar ook 'n komiese gedig (met ouderdomsbeperking vir taalgebruik) oor ouma-wees."

Top