Lourens

Lourens het in die vroeë 50’s, voetstoots van die produksielyn gekom. Synde dat hy akademiesgewys, dit nooit werklik nodig geag het om veel meer as die absolute nodigste te doen nie, kan hy gevolglik nou ook nie eintlik spog met ’n noemenswaardige CV nie.

Hoewel nog maar altyd lief vir skryf, het die groot jeuk hom egter eers in 2011, tydens die bywoning van 'n skryfskool, getref. Hier het hy die voorreg gehad het om in Riana Scheepers en ander bekende skrywers, se skeppende gees te deel. Stories skryf hy nie eintlik nie, of altans nie nou, terwyl hy nog sukkel om die regte woorde agtermekaar in te span nie. Op hierdie stadium, skryf hy merendeels oor sy vele lewenservarings wat hom ná aan die hart lê.

Hy en sy geliefde Ivy,woon tans in Pretoria terwyl hulle drie meisiekinders in onderskeidelik, Kaapstad en Sydney woon. Dis ongelukkig dan ook waar hul vier kleinkinders, hul bevind.

Musings of a traveller

Lourens 2014-10-03

Anderkant die draad?

Lourens 2012-12-07 "Tog was die een briefie op ’n manier anders ..."

Alleen

Lourens 2012-07-10 'n Kort-kortverhaal wat een vrou se eensaamheid onder die vergrootglas plaas.
Top