Elizabeth van der Berg

Elizabeth van der Berg is ’n gekwalifiseerde, ervare vertaler en ’n genoot van TranslationXchange. Haar belangstelling in veral die vertaal van literêre poësie het ’n meestersgraad oor die Engelse vertalings van Ingrid Jonker tot gevolg gehad. Vertalings van poësie deur die 13de-eeuse Persiese Soefi-mistikus, Jalāl al-Dīn Rūmī, het haar blootgestel aan mistieke poësie, waarvoor sy ’n passie ontwikkel het. Sy is veral geprikkel deur die wyse waarop digters daarin slaag om die mistieke ervaring, wat as onuitspreeklik beskou word, uit te druk. Navorsing hieroor het in 2020 gelei tot haar doktorale proefskrif met die titel “Performatiwiteit van taalgebruik en verstegniek in die mistieke digkuns van Jalāl al-Dīn Muhammad Rūmī, asook in die werk van geselekteerde Afrikaanse digters: ’n vergelykende studie”. Haar navorsingsfokus is die Christelike mistieke, Soefisme, en Afrikaanse asook Soefistiese mistieke poësie. Sy het ’n besondere belangstelling in die terapeutiese aspek van Midde-Oosterse dans, asook Soefi-dans wat sy as meditasie beoefen.

Die mistieke soos dit neerslag vind in "Christ of the burnt men" van Sheila Cussons

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-12-13

"Die bevinding is dat 'Christ of the burnt men' ’n uitmuntende voorbeeld van ’n mistieke gedig is waarin Cussons nie alleen daarin slaag om haar belewenis aangrypend uit te beeld nie, maar ook die leser mee te voer om self deel aan haar goddelike ervaring te kan hê."

Top