Leverne Mountany

Leverne is n psigiater wat die afgelope 25 jaar in privaat praktyk in Johannesburg werk.
Haar debuut roman " Lunch with a Dragonfly" het in 2018 die lig gesien. 
Sy is die anker en inhouds ontwikkelaar vir die reeks "Veerkrag " op VIA TV asook spesialis gas aanbieder vir " n Lewe met.." op Kyknet. Beide reekse beywer hul om stigma in psigiatrie aan te spreek.
Tans is sy die mede aanbieder van n podgooi " Change starts here" wat fokus op bewus making, opleiding en antistigma in die wereld van psigiatrie. Sy is n reis verslaafde en het al meer as 65 lande besoek wat ook inspirasie vir haar skryf werk bied.
Eksperimenteer met resepte is haar terapie en sy versamel resepte boeke op haar toere.
Leverne is n passievolle ondersteuner van diere regte en haar vegan leefstyl onderskryf dit.

 

Dans met die malmokkie

Leverne Mountany Fiksie 2026-05-28

"Hy moet seker vir haar sê hoe hy oor haar voel. Sy het hom al baie gepols, maar hy is mos maar ’n man, en emotions is nou eenmaal nie sy middelnaam nie."

Top