Leon Schreiber

Leon Schreiber is sedert Mei 2019 ’n parlementslid vir die DA. Hy dien tans as skaduminister vir staatsdiens en administrasie en ook as ’n sweep in die Nasionale Vergadering.

Leon het sy BA-, BA Honneurs- en meestersgraad in internasionale studies en politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, sowel as ’n doktorsgraad in politieke wetenskap aan die Vrye Universiteit van Berlyn in Duitsland. Hy het voorheen as navorser vir Princeton Universiteit se Innovations for Successful Societies-program gewerk, waar hy betrokke was by navorsingsprojekte oor suksesvolle hervormings in die staatsdiens in meer as 20 ontwikkelende lande, van Rwanda en Kenia tot Indonesië en Viëtnam.

Leon Schreiber oor US en Afrikaans

Freek Robinson, Leon Schreiber Onderhoude 2022-05-05

Leon Schreiber, DA-LP, is onlangs tot die Universiteit Stellenbosch (US) se raad verkies. Freek Robinson gesels met hom oor die debat wat nie wil gaan lê nie.

Einstein-kompetisie: Leon Schreiber

Leon Schreiber Einstein-kompetisie 2016-04-13

Leon Schreiber voltooi sy doktorsgraad in Berlyn, Duitsland.

Top